Search

Midvaal-inwoners word aangemoedig om op te staan teen geslagsgeweld

MIDVAAL - Die burgemeesterkomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Midvaal in Gauteng, Thembi Modiba, doen ‘n beroep op die inwoners van die munisipaliteit om aan te hou om teen geslagsgebaseerde geweld te veg. Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld het Vrydag geëindig. Modiba sê ondanks die 16 dae is geslagsgebaseerde geweld-gevalle steeds by die polisiestasies aangemeld. Sy doen ‘n beroep op alle gemeenskapslede om saam te staan en die munisipaliteit se vroue en kinders teen enige vorm van mishandeling te beskerm.

FOTO: (Midvaal Plaaslike Munisipaliteit)


26 views0 comments