Search

Midvaal kondig stappe aan in sy munisipale rede om in die volgende vyf jaar te verbeter

MIDVAAL - Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, Peter Teixeira, het vandag die munisipale-rede (SOMA) gelewer. Tydens die toespraak het hy gesê daar is ses stappe wat die munisipaliteit moet neem om die lewens van sy inwoners vir die volgende vyf jaar te verbeter. Die stappe sluit in die verbetering van dienslewering, die versekering van ‘n veilige gemeenskap, die bevordering van plaaslike ekonomiese ontwikkeling, aanpassing by skoon en hernubare energie, die bou van sterk vennootskappe en om mensgesentreerd te wees. Teixeira sê dit sal verseker dat die mense van Midvaal weet dat daar na hulle omgesien word.

Vir die volledige SOMA toespraak, besoek Midvaal se Facebook-blad: https://www.facebook.com/midvaallocalmunicipality/videos/1147345632477127/

FOTOS: (Midvaal Municipality)








7 views0 comments