top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Midvaal-munisipaliteit gaan 100 revolusionêre MiDesks skenk aan Ratasetjhaba Primary School.

MIDVAAL - Die Midvaal-munisipaliteit en die Sedibeng-distrik in samewerking met Cell C en MiDesk Global gaan 100 lessenaars aan die Ratasetjhaba Primary School in Chrissiesfontein, Meyerton skenk. Die MiDesk is ʼn revolusionêre skoolsak wat in ʼn lessenaar en stoel met ʼn sonkraglig en ʼn USB-laaipoort verander kan word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Idah Satikhe, sê hierdie inisiatief is in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte wat inklusiewe en billike onderwys en lewenslange leer vir almal wil verseker.



12 views0 comments

Comentários


bottom of page