Search

Midvaal munisipaliteit ontvang 8ste agtereenvolgende skoon oudit

MIDVAAL - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het 'n skoon oudituitkoms vir die 2020/2021 finansiële jaar ontvang. Dit is die 8ste agtereenvolgende skoon oudit wat die munisipaliteit sedert 2013 ontvang het. ’n Skoon oudit dui aan dat elk van die finansiële rekords wat deur die munisipaliteit verskaf word geen wesenlike bevindings of wanvoorstellings het nie, en in ooreenstemming is met die wet en regulasies met betrekking tot besteding aan openbare fondse. Uitvoerende Burgemeester, Peter Teixeira, sê hulle is trots op die uitspraak en streef altyd na diensuitnemendheid.

FOTO: (Midvaal Plaaslike Munisipaliteit)




17 views0 comments