Search

Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sluit aan by 'n optog teen Geslagsgebaseerde Geweld

KLIPRIVIER - Raadslede van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het saam met ander inwoners van die Vaaldriehoek en die SAPD by 'n optog gehou om Geslagsgebaseerde Geweld in die area aan te spreek. Die optog is deur die Kliprivier Enrichment Community Centre, te same met die Alpha Community Trauma Centre, gereël en het by die Skansdam vierrigtingstop begin en by die Everite Sportveld in Kliprivier geeindig. In 'n verklaring sê die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit hulle veroordeel alle vorme van geslagsgebaseerde geweld en moedig inwoners aan om enige verwante sake by die Kliprivier Polisiestasie se Traumasentrum aan te meld, of die Kliprivier Geslagsgebaseerde Geweld-sektor te kontak op 071 675 7297.

FOTO'S: (Midvaal Local Municipality op Facebook)




5 views0 comments