top of page
Search

Midvaal se Peter Teixeira vier een jaar as burgemeester

MIDVAAL - Die DA-beheerde Midvaal Plaaslike Munisipaliteit Burgemeester, Peter Teixeira, het gister een jaar in sy amp gevier. In ‘n verklaring is van die suksesse wat in 365 dae behaal is uitgelig soos die meer as 25-vierkante-meter teerpaaie wat gelap is, meer as 1,800 huise waarvoor krag aangelê is in Savannah City, en die sowat 500 titelaktes wat oorhandig is. Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is die beste presterende munisipaliteit in Gauteng en is deur Ratings Afrika as die finansieel volhoubaarste munisipaliteit in die land aangewys. Die munisipaliteit het 'n rekord van goeie bestuur en uitstekende dienslewering.

FOTO's: (MLM)




2 views0 comments
bottom of page