Search

Miljoene leerlinge keer terug skool toe

VAALDRIEHOEK - Meer as ‘n miljoen graad 7- en 12-leerlinge gaan vandag weer terug skole toe keer. Die leerlinge het vir meer as twee maande geen onderrig ontvang nie weens die nasionale staatsinperking. Onderwysvakbonde, skoolbeheerliggame en ander belangepartye het vroeër hul kommer uitgespreek oor die Departement van Basiese Onderwys se gereedheid, maar het uiteindelik ingestem dat skole kan heropen. Die Departement sê ongeveer 23 100 skole is gereed om leerlinge vandag te ontvang.

FOTO: (Verskaf)




0 views
Listen Live.jpg