Search

Miljoene Suid-Afrikaners kry vandag al hul digitale inentingsertifikaat

VAALDRIEHOEK - Miljoene Suid-Afrikaners wat reeds teen COVID-19 ingeënt is, sal vandag reeds ‘n SMS ontvang om hul digitale inentingsertifikate af te laai. So sê die waarnemende Direkteur-Generaal van die Departement van Gesondheid, Nicholas Crisp. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig het dat die land binnekort die sertifikate as bewys van inenting gaan uitreik. Crisp sê mense wat na vandag ingeënt word sal dan outomaties na hul inenting die sertifikaat ontvang.

FOTO: (Verskaf)





18 views0 comments