top of page
Search

Millenniërs oorheers toenemend die eiendomsmark in Suid-Afrika

VAALDRIEHOEK - Millenniërs oorheers toenemend die eiendomsmark in Suid-Afrika en maak tussen 30% en 42%van alle eiendoms-aankope uit – veral in stedelike gebiede. Hoewel bekostigbaarheid die sleutel-faktor vir jonger kopers is, neig gegradueerdes met professionele beroepe om tot R2,5-miljoen-rand te bestee, veral getroude pare. Die Seeff-eiendomsgroep sê gewilde gebiede sluit in Midrand, Sandton, Soweto en Centurion in Gauteng, en Kaapstad. Die groep sê jonger kopers gee voorkeur aan gerief, ligging, energie-doeltreffendheid, lae instandhouding en buitemuurse ruimte wanneer hulle huis soek.

FOTO: (Verskaf)



3 views0 comments
bottom of page