Search

Minder pasiënte in Gauteng word vir diabetes getoets weens Covid-19

VAALDRIEHOEK - Die aantal mense in Gauteng wat vir diabetes getoets word, het tussen Maart en Junie met 37% afgeneem. Die provinsie se waarnemende LUR vir Gesondheid, Jacob Mamabolo, skryf die afname toe aan Covid-19. Mamabolo sê 583 900 pasiënte is tussen Maart en Junie vir diabetes getoets wat 340 000 minder is as die vorige jaar. Die DA-woordvoerder, Jack Bloom, sê dit is ’n groot probleem omdat meer as ’n miljoen mense in Gauteng aan die onderliggende siektetoestand ly.

FOTO: (Verskaf)



1 view