Search

Minister Motshekga sê daar word beplan om assesserings vir graad drie, ses en nege te standardiseer

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het aan die parlement gesê dat planne in ‘n gevorderde stadium is vir die standardisering van assesserings vir graad drie, ses en nege. Sy sê dit gaan gepaard met die instelling van ‘n algemene onderwyssertifikaat voor graad nege. Minister Motshekga het gister gepraat tydens haar departement se begrotingsdebat. Sy het gesê dit word gedoen om te voorkom dat leerlinge eers in graad 12 ‘n gestandardiseerde eksamen kry.

FOTO: (Verskaf)



0 views0 comments