top of page
Search

Minister Motshekga sê die matriekeksamen verloop tot op hede sonder voorval.

VAALDRIEHOEK - Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê die Nasionale Seniorsertifikaateksamen vir die klas van 2023 verloop tot dusver glad met geen voorvalle van uitgelekte vraestelle wat aangemeld is nie. Motshekga het die media gister in Pretoria toegespreek terwyl matriekleerders se laaste week van eksamen begin. Van die meer as 200 eksamenvraestelle wat vanjaar afgelê word, moet nog net ses geskryf word. Motshekga sê hulle neem met kommer kennis dat leerders reeds penne-neersit-partytjies hou en bywoon.


4 views0 comments

Comments


bottom of page