Search

Minister publiseer nuwe skooltermyn datums

VAALDRIEHOEK - Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het gister regulasies vir skole se heropening vir die nuwe skooltermyn in die Staatskoerant gepubliseer. Leerlinge van gr. R tot gr. 12 keer op 26 Julie, ná ’n skoolvakansie wat vroeër begin en later eindig, terug na skole op ’n daaglikse of weeklikse rotasierooster. Netwerk24 berig die skoolvakansie is weens die derde vlaag van koronavirus-infeksies en aangepaste vlak 4-inperking vervroeg. Skole open ook eers ’n week later as wat voorheen beplan is. Ingevolge die regulasies keer skoolpersoneel op 22 Julie terug om voor te berei op die heropening van skole. Private skole moet tot 26 Julie vir kontakklasse gesluit bly. Die gewone ondersteunings- of inhaalprogramme vir die wintervakansie vir gr. 11- en gr. 12-leerlinge, wat deur die provinsiale departemente van onderwys, distrikte en skole aangebied word, sal onder streng Covid-19-maatreëls voortgaan en word met ’n week tot 23 Julie verleng.

FOTO: (Verskaf)



14 views0 comments