top of page
Search

Minister Ramokgopa sê ladingsvermindering is munisipale probleem, nie Eskom-kwessie nie

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê ladingsvermindering het 'n groot kwessie in dele van Suid-Afrika geword, al is daar reeds meer as 100 dae geen beurtkrag nie. Hy het dit duidelik gemaak dat ladingsvermindering 'n munisipale kwessie is en nie Eskom se probleem nie. Hy skryf die kragonderbrekings toe aan munisipaliteite se gebrekkige belegging, swak beplanning en onvoldoende instandhouding van infrastruktuur. Ramokgopa het benadruk plaaslike owerhede is verantwoordelik vir betroubare kragvoorsiening.


Intussen sê President Cyril Ramaphosa die kragnetwerk bly onder druk, ongeag die meer as honderd dae dat die land nou sonder beurtkrag is. Eskom het die verbetering toegeskryf aan sy bedryfsherstelplan vir kragopwekking, sy verbeterde instandhoudingsprogram en die beter werking van kragstasies. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die moontlikheid kan nie uitgesluit word dat beurtkrag weer ingestel kan word nie. Ramaphosa het egter bygevoeg die verhoogde betroubaarheid in die kragtoevoer is 'n hupstoot vir die land se ekonomie.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page