Minister Tau sê regstellende aksie-beleid sal bly
- 90.6 FM News
- Jul 15, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het Suid-Afrikaners verseker regstellende aksie soos swart ekonomiese bemagtiging sal nie onder die regering van nasionale eenheid geskrap word nie. Die departement is verantwoordelik vir 'n reeks beleide wat die ekonomie rig, insluitend diegene wat bedoel is om die ras-wanbalans reg te stel wat steeds in die sake-omgewing heers. Tau sê die kabinet-legotla van die afgelope naweek het gefokus op die ontwikkeling van 'n verenigde nasionale agenda.
Comments