top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Minister van Gesondheid teken 46 vermeende cholera-gevalle aan.

VAALDRIEHOEK - Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê 46 vermeende cholera-gevalle en vyf laboratorium-bevestigde gevalle is tussen die eerste Januarie en die eerste van hierdie maand aangeteken. Drie van hierdie gevalle is ingevoer vanaf die buurland, Zimbabwe, wat tans worstel met die uitbreking van hierdie diarree-tipe siekte. Volgens Phaahla dui twee gevalle, ‘n 11-jarige en ‘n 13-jarige van Limpopo sonder enige reisgeskiedenis, op ‘n plaaslike oordragrisiko. Hy doen ‘n beroep op die publiek om versigtig te wees en higiënepraktyke te handhaaf.


5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page