Search

Minister van Polisie waarsku oor ernstige gevolge vir oortreding van aandklokreël

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het gewaarsku oor enstige gevolge vir mense wat die aandklokreël oortree en versuiming om 'n masker in die publiek te dra. Cele het spesifiek verwys na die kwessie van maskers wat ‘n bron van groot kommer vir die polisie is. Hy sê mense wat dit nie dra nie, sal boetes kry en ‘n misdaadrekord hê. Volgens ‘n dokument gepubliseer deur die Landroshof van Suid-Afrika is die boete en/of vonnis vir die versuim van die dra van ‘n masker R1 500.00 en/of 6 maande tronkstraf. Die boete en/of vonnis as iemand die aandklokreël oortree, is R3 000.00 en/of 6 maande tronkstraf.

FOTO'S: (Verskaf)


15 views0 comments