Search

Minister van Vervoer sê dronk- en onverskillige bestuur is steeds 'n ernstige probleem

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê daar was ʼn afname van 10% in padsterftes tot dusver die feesseisoen in vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die padsterftes oor die 2017/18-feesseisoen het afgeneem na 1,257 – 11% laer as die vorige jaar. Mbalula sê dronk- en onverskillige bestuur is steeds die ernstigste probleem. Hy het bygevoeg dat motoriste in aanloop tot Oujaarsaand ʼn toename in padversperrings en lukrake alkoholtoetse te wagte kan wees asook ʼn verhoogde polisieteenwoordigheid op belangrike hoofweë. FOTO: (IOL)

8 views