Moontlike veranderings aan die almanak vir openbare skole word voorgestel.
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Basiese Onderwys stel veranderings aan die almanak vir openbare skole voor. Woordvoerder Elijah Mhlanga sê dit is daarop gemik om openbare vakansiedae beter by die skooljaar in te sluit. Hy sê om ʼn openbare vakansiedag in die middel van ‘n skoolweek te hê, is ontwrigtend. Mhlanga sê belanghebbendes en lede van die publiek word genooi om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Beleid vir die Bepaling van Skoolkalenders vir Openbare Skole in Suid-Afrika.
(FOTO: Verskaf)
