Search

Moordvoorvalle neem van Julie tot September toe met 20,7%

VAALDRIEHOEK - Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê Suid-Afrika het ‘n toename van 20,7% in moorde aangeteken tussen 1 Julie en einde September vanjaar. Altesaam 6,163 mense is in die land vermoor. Cele het sy kwartaallikse misdaad-statistiekverslag vir die tweede kwartaal van die 2021/2022-boekjaar voorgelê. Cele sê die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie het bygedra tot die toename in moorde, met meer as 300 mense wat gesterf het en duisende ondernemings sowel as infrastruktuur wat verwoes is. Hy sê egter in vergelyking met die vorige gewone tydperk, sonder die inperking, is die toename 13,2-persent. Cele sê kontakmisdade in die algemeen het een persent toegeneem met 137, 145 sake wat in die tydperk aangemeld is in vergelyking met die 135,821 van dieselfde tydperk die vorige jaar.

Cele sê daar is tussen Julie tot September vanjaar 2,000 ontvoeringsake by die polisie aangemeld. Hy sê die meerderheid van die ontvoerings wat aangemeld is, het verband gehou met motorkaping, gevolg deur ontvoerings wat verband hou met roof en verkragting. Seksuele oortreding het met 4,7% persent toegeneem met 11,964 gevalle wat aangemeld is. Minister Cele sê die hoeveelheid verkragtings in die land is ‘n skande en baie ontstellend.

Minister Cele sê wel dit is bemoedigend dat slagoffers en oorlewendes van verkragting en ander seksuele aanrandings, te alle tye toegang sal hê tot ‘n bewysversamelingstel ook bekend as ‘n ‘Verkragtingstel’, by hul naaste polisiestasie. Hy sê dit is hul volgehoue pogings as die SAPD om sekondêre viktimisasie by polisiestasies te vermy, daarom is die uitrol van ‘GBV Desks’ is op koers. Hierdie spesiale areas vir slagoffers van geslagsbeseerde geweld word beman deur polisiebeamptes, wat spesifiek opgelei is om slagoffergesentreerde bystand te verskaf.

#Crime#CrimeStats#police#SAPS

FOTOS: (South African Police Service)











4 views0 comments