Search

Motorfietsryer ernstig beseer toe hy beheer op die R59 verloor

MEYERTON - Paramedici sê ‘n 36-jarige motorfietsryer het ernstige beserings opgedoen na hy beheer van sy motorfiets verloor het op die R59 naby die Blokhuis in Meyerton gistermiddag. ER24 sê met paramedici se aankoms omstreeks 15:00 het hulle die man in die pad gevind. Met verdere ondersoeke het hulle gevind dat hy ernstig beseer is. ER24 het die man op die toneel behandel en na die hospitaal vir verdere mediese sorg geneem. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

FOTO: (Verskaf)


22 views
Listen Live.jpg