Search

Motorfietsryer sterf na botsing met motorvoertuig in Sonlandpark

VEREENIGING - Paramedici sê 'n man in sy 40's het gesterf in ‘n botsing tussen ‘n ligte motorvoertuig en ‘n motorfiets op Skippie Bothaweg in Sonlandpark, Vereeniging. ER24 sê hul paramedici het op die toneel aangekom waar die motor en motorfiets langs die pad tot stilstand gekom het. Die motorfietsryer, 'n man in sy 40's, is gevind waar hy sowat 20 meter van sy motorfiets af gelê het. Medici het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie beserings opgedoen het, en tekens van lewe het vinnig begin verminder. KPR en gevorderde lewensondersteunende intervensies is onmiddellik begin in 'n poging om die pasiënt te stabiliseer. Ongelukkig het die man na 'n ruk aan sy beserings beswyk. Die bestuurder van die motor het gelukkig besering vrygespring. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

FOTO: (ER24)


12 views0 comments