Search

Motoriste kan vandag nog vervalde motorlisensies hernu

VAALDRIEHOEK - Motoriste wie se motorlisensies tussen Maart en Mei verval het, het nog net vandag tyd om dit te hernu. Weens die landwye inperking is uitstel verleen tot vandag, sonder dat 'n boete gehef word. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê diegene wat hulle lisensieskyfies ná die grasietydperk hernu, sal 'n boete moet betaal. Dié boete word bereken op tien persent van die jaarlikse lisensiefooi vir elke maand sonder 'n skyfie. Motoriste kan benewens dié boete ook met tot R1000 beboet word wanneer hulle afgetrek word en hul voertuiglisensieskyfie verval het.

FOTO: (Verskaf)



8 views