Search

Mynmaatskappye word gevra om vlak 4-regulasies na te kom

VAALDRIEHOEK - Die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, waarsku dat enige mynmaatskappy wat nie die vlak 4-regulasies nakom nie, gesluit sal word. Mantashe het vandag by Sibanye-Stillwater se Bathopele Platinummyn in Rustenburg gesê die regering het beklemtoon dat dit noodsaaklik is om die ekonomiese infrastruktuur na die inperking te beskerm en te red toe hulle ingestem het dat mynbedrywighede op verminderde kapasiteit mag hervat. Hy voeg by dat hulle nie mense in gevaar gaan stel ter wille van produksie nie.

FOTO: (Verskaf )


6 views