top of page
Search

‘n 49 Jarige man van Sasolburg word vermis.

SASOLBURG - Famililede en vriende van die 49-jarige Simon Badenhorst van Sasolburg is diep besorg oor sy veiligheid en welstand nadat hy net skoonveld verdwyn het. Volgense sy vrou Letitia, het sy hom Vrydag oggend, 06 Oktober laas gesien toe hy oppad werk toe is. Sy fiets is intussen gevind en sy foon is af. Badenhorst is op kroniese medikasie vir sy gesondheid, wat hy ook nie by hom het nie. Badenhorst is 1.7 meter lank, met kort geskeurde bruin hare, groen oe en ‘n vol baard. Hy het ook ‘n kepsie gedra ten tye van sy verdwyning. Inwoners van Sasolburg en die omliggende area word versoek om op die uitkyk te wees vir Simon Badenhorst.




8 views0 comments

Comentários


bottom of page