Search

'n Effense petrolprysstyging en dieselprysdaling tot dusver verwag vir September

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste kan so met die begin van lente volgende maand ‘n geringe verhoging in die petrolprys verwag, terwyl die prys van diesel heel moontlik gaan sak. Dit is volgens die Automobiel Assosiale (AA), wat kommentaar gelewer het op die ongeouditteerde middel-van-die-maand prysdata van die Sentrale Energiefonds. Volgens die AA se Layton Beard, lyk dit asof daar geringe aanpassings gaan wees aan die prys van alle brandstofgraderings. Die Sentrale Energiefonds se syfers toon daar is nou ’n onderverhaling van 7c per liter op 95-oktaan-petrol en van net 2c per liter op 93-oktaan. Op diesel is daar ’n oorverhaling van tussen 12c en 13c per liter (na gelang van swaelinhoud) en op paraffien is daar ’n oorverhaling van 7c per liter. (’n Onderverhaling is met hoeveel die prys sal moet styg indien dit vandag vasgestel word en ’n oorverhaling met hoeveel dit moet daal.) Daar bly nog byna twee weke oor van die oorsigtydperk vir September se brandstofpryse, wat beteken dié middel-van-die-maand-verhalings kan nog aansienlik verander. Die oor- en onderverhalings word bepaal deur die rand-dollar-wisselkoers en die prys van brandstof op die internasionale mark.

FOTO: (Verskaf)




6 views0 comments