Search

‘n Energiekenner sê Eskom ondervind ‘n erge krisis

VAALDRIEHOEK - Die energie-kenner Ted Blom sê Eskom ondervind ‘n erge krisis. Die kragvoorsiener het dié week weer beurtkrag ingestel toe talle opwekkingseenhede by verskeie kragstasies buite werking geraak het. Eskom se skuld het ook tot R488-miljard verhoog. Bloem sê die organisasie is nou so gebroke dat hy nie eens behoorlike basiese dienste aan sy verbruikers kan verskaf nie.


Intussen het Eskom beurtkrag na fase drie afgeskaal weens die verminderde vraag en heelwat warmer weer oral in die land. Die kragvoorsiener het opwekkings-eenhede by die kragstasies Tutuka, Matla, Majuba en Camden in Mpumalanga teruggeplaas op die rooster, maar twee ander eenhede het intussen onklaar geraak. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê beurtkrag sal die naweek voortduur. FOTO: (Verskaf)



3 views