'n Energiekenner voorspel beurtkrag sal teen die einde van die jaar eindig
- 90.6 FM News
- Jul 31, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - 'n Energiekenner, Sampson Mamphweli, glo die regering kan teen November of Desember vanjaar aankondig beurtkrag is iets van die verlede. Mamphweli het aan Newzroom Afrika gesê die vooruitsig vir die beskikbaarheid van energie is positief, met vier maande sonder beurtkrag, ‘n energie-beskikbaarheidsfaktor van meer as 60% en minder ineenstortings. Hy is vol vertroue Eskom kan tot die begin van die somer volhou met energievoorsiening.
Comments