VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Gautengse inwoners is gewaarsku om hulself te staal vir hittegolftoestande wat na verwagting tot môre, 5 Desember, oor die oostelike dele van die Noordwes-provinsie en Gauteng sal voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê dit sal lei tot hoë, en bo-gemiddelde maksimum temperature wat na die sentrale en noordelike dele van die Vrystaat sal versprei. Die weerdiens sê dit sal vandag en more warm wees in die sentrale en oostelike dele van die land, met geïsoleerde donderbuie wat oor die sentrale en suidoostelike streke verwag word. Intussen het Saws gesê November het van die warmste dae in die jaar aangeteken en rekords gebreek. Inwoners word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref en gehidreer te bly gedurende hierdie intense weerperiode.
FOTO: (Verskaf)
Comentários