Search

‘n Lewelose liggaam in ‘n huis in Arcon Park gevind

Die Community Emergency Response Team (CERT-SA), se Vaaldriehoek-tak het oor die naweek ‘n lewelose liggaam van ‘n man in ‘n huis in Arcon Park, Vereeniging, gevind. Cert-SA sê hul Vaaldriehoek-tak het omstreeks 09:00 Saterdag oggend by aankoms op die toneel ‘n man se lewelose liggaam gevind. Hy het in die gang van sy huis gelê het, met sy voete en hande vasgebvind, met ‘n lap in sy mond. Volgens Cert-SA is die presiese omstandighede rondom die voorval steeds onbekend en die polisie het ‘n saak van moord geopen. CERT-SA het hul waardering aan Netcare911 en die SAPD bedank vir hul bystand op die toneel.


7 views0 comments