Search

'n Loopbaanuitstalling is op pad na die Vaaldriehoek

VAALDRIEHOEK - Die Sedibeng-Oos Distrik se Department van Onderwys in same werking met Gauteng Onderwys beplan om in Augustus 'n loopbaanuitstalling in die Vaaldriehoek aan te bied. Die voorlopige datums vir die uitstalling is vasgestel vir die 17 Augustus in Vereeniging, 18 Augustus in Heidelberg en 19 Augustus in Meyerton. Volgens die Southern Courier is die doel van die loopbaanuitstalling om Graad 09-leerders vroegtydig te help om die korrekte vakke voor hul Graad 10-jaar te kies, en vir Matriekleerders om ingeligte besluite oor moontlike beroepskeuses te maak. Hoëronderwysinstellings sal ook deel van die uitstalling vorm en inligting rondom vaardigheidsprogramme, eenheidstandaarde, sertifikate, diplomas en graadprogramme aanbied.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments