Search

‘n Moontlike daling van ongeveer R1 in brandstofpryse vir Augustus voorspel

VAALDRIEHOEK - Ekonome voorspel dat Suid-Afrika se brandstofpryse volgende maand met ongeveer R1 verlaag kan word. Brent-ruoliepryse het sedert die begin van Julie met meer as 10% gedaal, terwyl die rand vir die eerste keer sedert 2020 bo R17 per dollar verhandel het. Plaaslike brandstofpryse word bepaal deur internasionale oliepryse, sowel as die dollar-randwaarde, aangesien Suid-Afrika olie in dollars koop. Volgens ongeouditeerde data wat op 26 Julie deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is, dui die oorverhaling vir die maand tot dusver op 'n afname van sowat R1,89 vir 95 oktaan. Ongelukkig gaan dit wat oorbly van die "brandstofbelastingvakansie" volgende maand wegval, wat teoreties die afname tot R1,14 verminder. Laer oliepryse die afgelope tyd die gemiddelde oorverhaling met meer as 10 sent per dag opgestoot, so dit is nie onmoontlik dat ons dalk 'n prysdaling van nader aan R1,40 vir petrol sal sien as die rand en internasionale oliepryse gedra hulle tussen nou en Vrydag nie. Dit kan egter steeds verander omdat die departement van energie sy brandstofprysstaat eers vroeg volgende week bekend maak, voor die prysverlaging Woensdag, 3 Julie.

‘n FNB-ekonoom Koketso Mano sê vir Augustusmaand het laer Brent-ruoliepryse meer gewig gedra as die swakker Rand. Dit is goeie nuus vir motoriste en beteken dat hulle ‘n bietjie verligting kan kry. Mano waarsku egter dat die herinstelling van die volle petrolheffing die positiewe impak van die swakker olieprys sal teëwerk.

FOTO: (Verskaf)




5 views0 comments