Search

‘n Omgewingsorganisasie dreig die Emfuleni-munisipaliteit met regstappe oor rioolbesoedeling

VAALDRIEHOEK - ‘n Nie-winsgewende omgewingsorganisasie in Gauteng, Save the Vaal, sê hy sal terugkeer hof toe om die Emfuleni-munisipaliteit sover te kry om die Vaalrivier-besoedeling aan te spreek. Rou rioolwater stroom die afgelope vyf jaar van afvalwaterbehandelingsaanlegte in die rivier. Die organisasie sê die munisipaliteit en die Departement van Water en Sanitasie het beloof om die rivier teen Junie vanjaar skoon te maak, maar daar het niks van gekom nie.

FOTO: (FORSAF)



6 views0 comments