top of page
Search

’n Soektog na verdagtes is van stapel gestuur ná 'n OTM-bomaanval in Tumahole, Parys

'n Verdagte is tydens 'n skietgeveg met die polisie doodgeskiet ná 'n OTM-bomaanval in Tumahole, Parys, gisteroggend, Maandag, 15 April omstreeks 02:00. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê 12 swaargewapende verdagtes is ná die ontploffing op die toneel opgemerk. Volgens Kareli het die polisie 'n klag reagee en na die toneel gehaas en is met hul aankoms met 'n geweervuur teëgekom. Kareli voeg by dat die verdagtes daarin geslaag het om met die geld te voet van die toneel te vlug. Een verdagte is tydens 'n skietgeveg met die polisie doodgeskiet. ’n Omstander is ook geskiet en in die voet gewond. Kareli sê ’n soektog is aan die gang om alle verdagtes wat by die voorval betrokke was op te spoor.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page