top of page
Search

Naptosa verduidelik uitsluiting van vervolging wanneer kinders weens siekte nie skool bywoon nie

VAALDRIEHOEK - Die onderwysers-organisasie Naptosa het aangedui dele van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette wat op verpligte skoolbywoning betrekking het, kan gewysig word. Dit sal howe in staat stel om op behoorlike straf te besluit in die geval van leerders se afwesigheid. Die veranderinge moet egter goedgekeur word. Die organisasie ontken berigte dat ouers dan vervolg sal word as hulle kinders probleme het met skoolbywoning. Naptosa-woordvoerder Basil Manuel verduidelik die vervolgingsklousule het nie betrekking op kinders wat weens siekte afwesig is nie.


1 view0 comments

Comments


bottom of page