Search

Nasionale Polisiekommissaris beveel ondersoek na transito-rooftog

SASOLBURG - Die polisie in Gauteng is deur die Nasionale Polisiekommissaris Khehla Sithole beveel om die misdadigers agter die transito-rooftog verlede week in Sasolburg op te spoor. Die rooftog het verlede Vrydag in Oliviershoeklaan in Vaalpark, Sasolburg, plaasgevind. 'n Groep gewapende mans het na bewering in drie motors die sekuriteitsvragmotor gebombardeer voordat hulle dit van 'n onbekende bedrag geld beroof het. Polisiewoordvoerder, Kolonel Brenda Muridili sê twee veiligheidswagte het ligte beserings opgedoen tydens die aanval. Die polisie het 'n beroep op enige iemand met inligting gedoen om dit via die MySAPS-app na die polisie te stuur of om Crime Stop by 08600 10111 te skakel. Muridili sê alle inligting wat ontvang word, sal konfidensieel hanteer word. FOTO: (Verskaf)

Vir meer plaaslike nuus, volg gerus die skakel na ons 90.6 FM TV YouTube Kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCwIHh6lHQWP1b3MbTdf1clQ




7 views
Listen Live.jpg