Search

Navorsing toon pryse is nou belangriker vir verbruikers as voor die pandemie

VAALDRIEHOEK - Die meeste Suid-Afrikaners is volgens onlangse navorsing nou meer pryssensitief is as voor die COVID-19 pandemie die land getref het, veral met die aankope van kruideniersware. Navorsing wat deur Forum24 in Julie in samewerking met Catalyst Research gedoen is, toon dat soveel as 63 persent van verbruikers nou meer ingestel is op die prys van items as voorheen. Verder is daar ook ‘n algehele tendens onder verbruikers om meer aanlyn inkopies te doen. Waar net 9% van verbruikers in Junie 2020 aangedui het dat hulle weens die pandemie met aanlyn inkopies begin het, is dié syfer nou 19%. Altesaam 21% het in Julie vanjaar gesê hulle het al voorheen aanlyn inkopies gedoen, maar doen dit nou baie meer as vroeër.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments