top of page
Search

Nersa bevestig Eskom-tariewe styg van 1 April met 18,65%

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse verbruikers moet gereed maak vir hoër elektrisiteitspryse nadat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ‘n tariefverhoging van 18,65% vir die 2023/2024-boekjaar aan Eskom toegestaan het. Dit tree op die eerste van volgende maand in werking. Munisipaliteite se verhoging van 18,49% word op 1 Julie van krag. Die instelling van die tariefverhoging volgende maand sal nie deur regsuitdagings geraak word nie aangesien die DA en die Tebelia Instituut hulle onderskeie aansoeke vir ‘n dringende interdik teen die verhogings teruggetrek het.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments
bottom of page