VAALDRIEHOEK - 'n Peiling deur die Ichikowitz-familiestigting het onthul net 16% van Suid-Afrikaanse jongmense tussen 18 en 24 is optimisties oor die land se toekoms, en is bekommerd oor regeringskorrupsie, werkloosheid en ongedokumenteerde migrante. Byna driekwart sê die land beweeg in die verkeerde rigting, vergeleke met 63% in 2022 and 50% in 2020. Die siening is in skerp teenstelling met dié van jongmense in ander Afrika-lande, met jong Rwandese en die jeug in die Ivoorkus wat die optimistiesste is.
FOTO: (Verskaf)
Comentarios