Search

Netflix en Amazon binnekort beskikbaar op DStv-dekodeerders

VAALDRIEHOEK - Kykers gaan binnekort Netflix en Amazon se flieks en programme deur hul DStv-dekodeerder kan stroom. MultiChoice het reeds ooreenkomste met dié twee Amerikaanse reuse gesluit om hul stromingsdienste op sy nuwe dekodeerder te plaas. Dis daarop gemik om Afrika se grootste betaaltelevisie-firma te help om intekenare te behou. MultiChoice se eie stromingsdiens, Showmax, is in 2015 in Suid-Afrika bekend gestel, ’n jaar voordat Netflix hier beskikbaar was.

FOTO: (Verskaf)



8 views