Search

NIOS reeds 67 mense vir Covid-19 getoets

VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Instituut vir Oorgraagbare Siektes sê 67 mense in Suid-Afrika is reeds vir die koronavirus, wat nou as Covid-19 bekendstaan, getoets. NIOS woordvoerder, Sinenhlanhla Jimoh, het bevestig dat al 67 mense negatief vir die virus getoets het en dat daar steeds geen gevalle van die virus in Suid-Afrika is nie. Jimoh sê verder die nasionale department van gesondheid, tesame met die Wêreldgesondheidsorganisasie en NIOS sal die mense van Suid-Afrika in kennis sal stel indien daar ‘n Covid-19 geval bevestig word. NIOS bied na bewering deurentyd opleiding aan mediese personeel om te versker Suid-Afrika en die Afrika-vasteland is voorbereid op die virus. FOTO: (Verskaf)

0 views
Listen Live.jpg