Search

Nog 129 mense sterf aan die koronavirus in Suid-Afrika

COVID-19 - Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika se COVID-19-dodetal staan nou op 3 720, nadat nog 129 sterftes aangemeld is. Altesaam 37 mense is beide in die Wes-Kaap en Gauteng oorlede, 28 in die Oos-Kaap, 26 in KwaZulu-Natal en een in die Noord-Kaap. Die departement sê die totale aantal sterfgevalle in Limpopo is 33 en nie 44, soos gister berig is nie. Bykans 13 700 mense het die afgelope 24-uur positief getoets wat die totaal op meer as 238 300 te staan bring. Die aantal pasiënte wat herstel het staan op net meer as 113 000. Gauteng is ook as die nuwe episentrum vir die virus in Suid-Afrika verklaar.

FOTO: (National Institute for Communicable Diseases op Facebook)


3 views