Search

Nog tien COVID-19 sterfgevalle is in Suid-Afrika aangeteken

COVID-19 - Tien koronavirus-verwante sterftes is gister in die land aangeteken, wat die bekende aantal dode weens die virus in Suid-Afrika op 103 te staan bring. Vier mense is in die Wes-Kaap dood, drie in Gauteng, twee in KwaZulu-Natalen een in die Oos-Kaap.


In die Gauteng gevalle was die eerste geval ‘n 89-jarige vrou wat kort van asem was, die tweede geval was ‘n 80-jarige vrou wat ‘n onderliggende longsiekte, akute nierversaking en gepaardgaande urienweginfeksie gehad het. Die laaste geval was ‘n 80-jarige man wat tekens van koors getoon het, hy was ook kort van asem en het ‘n onderliggende longsiekte gehad. Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize sê hy is diep ontsteld oor die verlies van hierdie burgers. Hy het ook sy medelye aan die oorledenes se families betoon.


Mkhize sê daar was ‘n 73% toename in die aantal bevestigde gevalle binne 24-uur. Dit het met 354 opgeskiet na 5 350. Die Wes-Kaap het steeds die meeste gevalle met 2 135. In Gauteng is daar 1 406 en in KwaZulu-Natal 956.

FOTO: (www.sacoronavirus.co.za)


7 views
Listen Live.jpg