Search

Nog twee sluise van die Vaaldam is vanoggend oopgemaak

VAALDRIEHOEK - Die departement van water en sanitasie sê nog twee sluise van die Vaaldam is vanoggend oopgemaak nadat die dam ‘n vlak van meer as 110% bereik het. Twee sluise is verlede week oopgemaak nadat die dam 100% bereik het op 18 Desember 2021. Die twee sluise is onderskeidelik 10:00 en 11:00 vanoggend oopgemaak, wat volgens berigte die uitvloei uit die Vaaldam dan sal verhoog na sowat 600m3/s. Teen daardie uitvloei beteken dit dat ‘n Olimpiese swembad (2 500 000 liter) se hoeveelheid water elke 4 sekondes by die sluise sal deurgaan. Die water departement se woordvoerder Sputnik Ratau sê hulle wil steeds inwoners in Gauteng aanmoedig om water spaarsamig te gebruik aangesien Suid-Afrika ‘n waterskaars land bly.

(Volg die skakel vir 'n video waartydens die sluise oopgemaak word: https://twitter.com/i/status/1477933086994321408 ) FOTOS: (Twitter: Francois La Cock; Theresa Du Toit; BikerAngel; Kathy Manten)












233 views0 comments