Search

NUMSA beloof om ArceloMittal-staking te verskerp

VAALDRIEHOEK - Die Metaalwerkers unie van Suid-Afrika (NUMSA) beloof om die staking by ArceloMittal op te skerp. Dit volg na die Arbeidshof se onlangse uitspraak om nie ‘n interdik teen reeds stakende lede in te stel nie. ArceloMittal meen van die werkers moet as noodsaaklike dienste bestempel word en kan dus nie toegelaat word om te staak nie. Die werkers eis ‘n salarisverhoging van tien persent. Die woordvoerder van NUMSA Phakamile Hlubi-Majola sê ArceloMitta kan die salarisverhogings bekostig.

FOTO: (Verskaf)



7 views0 comments