Search

Nuwe brandstof-diefstaltendens steek kop uit

VAALDRIEHOEK - Inwoners in die Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaners moet nie net meer bekommer oor die veiligheid van hulle voertuie nie, maar ook oor die veiligheid van die brandstof binne hulle voertuie. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Fidelity-groep, Wahl Bartmann, sê met die prys van petrol wat aanhou styg, was daar die afgelope paar weke verskeie voorvalle regoor Suid-Afrika waarby pogings betrokke was om brandstof vanuit die motors se tenks te steel. Volgens Bartmann is die nuwe tendens om brandstof vanuit karre of trokke te steel deur binne die petroltenk in te boor of dit uit die tenk te tap. Hy het bygevoeg dat motoriste moet seker maak dat hulle die nodige sensors het om ongemagtigde bewegings in ‘n motorhuis of parkeerterrein op te tel, en moet alle hekke en slotte nagaan. Hy sê ook indien motoriste karre iewers moet parkeer, moet dit in ‘n beligte gebied wees wat baie voetverkeer het.

FOTO: (Verskaf)


8 views0 comments