Search

Nuwe hofuitspraak oor die registrasie van geboortes

VAALDRIEHOEK - Die Sentrum vir Kinderreg het gister se Konstitusionele Hofuitspraak oor die registrasie van geboortes verwelkom. Die hof het beslis dat die wet wat verhoed dat ‘n ongetroude pa sy kind onder sy van mag registreer, onregverdig is en diskrimineer op grond van huwelikstatus. Die saak het gevolg nadat die Departement van Binnelandse Sake geweier het om ‘n kind met ‘n Suid-Afrikaanse pa en ‘n ma van die Demokratiese Republiek die Kongo te registreer. Karabo Ozah van die Sentrum vir Kinderreg sê daar is talle ongetroude pa’s wat gewag het vir die hofuitspraak sodat hulle uiteindelik hulle kinders se geboortes kan registreer. Ozah het die hofuitspraak as ‘n oorwinning vir kinders bestempel.

FOTO: (Verskaf)




14 views0 comments