Search

Nuwe vuurwapenamnestie periode begin Augustus

VAALDRIEHOEK - Die parlement se portefeuljekomitee oor die Polisie het die minister, Bheki Cele, se kennisgewing goedgekeur vir 'n nuwe amnestietydperk vir die inhandiging van ongewenste vuurwapens van 1 Augustus tot einde Januarie 2021. Cele het gevra dat 'n tweede amnestietydperk ingestel word omdat die staat van inperking die inhandiging van vuurwapens tydens die vorige amnestietyd van Desember tot einde Mei in die wiele gery het. Altesaam 19 000 wapens is in dié tyd ingehandig. Die nuwe amnestietydperk moet nog in die parlement goedgekeur word.

FOTO: (Verskaf)



67 views