Search

Onbeplande kragonderbreking weens kabeldiefstal in Sasolburg

VAALDRIEHOEK - Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat wil inwoners van Sasolburg inlig dat hulle bewus is van ‘n onbeplande kragonderbreking. Dit is weens kabeldiefstal by die Vorster- en Highveld-substasies. Tegnici werk tans op die terrein om die elektrisiteit te herstel. Die munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is.

FOTOS: (Metsimaholo Municipality)








5 views0 comments