Search

Ondernemings moet voorberei op die mag van die Wet op Koolstofbelasting

VAALDRIEHOEK - Die uitstel van die implementering van die Wet op Koolstofbelasting het tot ‘n einde gekom en ondernemings moet hulle begin regmaak om aan die voorskrifte te voldoen, en nie optree asof die wet nie tande het nie. Dit is die mening van die hoof van sakeontwikkeling by EDS Systems, Eckart Zollner. Hy sê dit is duidelik daar is steeds ‘n verontagsaming van die wet by maatskappye. Dit is ingestel om te verseker dat besoedelaars hulle besoedeling verminder. Hy sê die versuim om aan die koolstof-wetgewing te voldoen, sal maatskappye se winsgrense nadelig raak

FOTO: (Verskaf)



7 views0 comments